Graag wil ek van die geleentheid gebruik maak om EBS dankie te se vir die geleentheid wat hulle my gegee het om deel van hul kurses te wees. Ook ‘n spesiale dank aan Corina vir haar deelname in die verband.
Sedert ek met EBS begin het, het my manier van besigheid doen ‘n ander rigting ingeslaan. Met die kennis en ervaring wat ek vir die jaar ontvang het, het my besigheid ‘n ommeswaai beleef.
Dinge begin stadig maar seker in plek val maar ek is positief dat my besigheid ‘n sukses sal wees.
Nogmaals dankie
